Vaginaal Paravaginale Herstel / Repair

A Site Specific Approach / Reparen waar het fout is

Webmeester
Name: andri nieuwoudt
Location: Ziekenhuis de Honte tel:#31(0)115 688000, Terneuzen, Netherlands

when one teaches, two learn-- robert half

Wednesday, August 10, 2005

Wat is Vaginaal ParaVaginale Herstel?

VPVR
Wat is dit?
Die afkorting staan vir "Vaginal Paravaginal Repair": of tewel 'n herstel van 'n vaginale defek in die fassia laag deur 'n toegang via die vagina tot die gebied aan die sykante van die vagina in die bekken. Die tegniek word in die VSA al 'n aantal jaar gedoen, en die diseksie wat nodig is ,is ook dieselfde as wat in 'n TVM gedaan word.
Waarom die nuwe aandag?
Die belang is dat ons tans met meer direkte disseksie van die vaginale wand meer embriologies-anatomies disekteer, en sodoende die defek wat in die wand is wat tot die uitsakking lei, meer gerig kan herstel. Die disseksie tegnieke soos wat dit deur onder andere dr Richard Reid van Australie en Prof Carl Zimmermann van die VSA vereenvoudig is ,word tans in Europa bekendgestel aan Ginekoloe. Hierdie tegnieke is nou toegankliker gemaak vir die algemene bekkenbodem chirurg en ,met die nodige opleiding van die groep ginekoloe, meer wyd bekikbaar aan pasiente.

Bykomstig tot die verbeterde disseksie wat uitgevoer word in die bekken, kan daar ook meer direk 'n ekstra beskerming ingevoeg word vir die versterkking van die vaginale wand deur gebruik te maak van tweede generasie biologiese materiaal, veral in die jongvrou onder 60 jaar. Tot nou was dit alleen moontlik om dit met sintetiese materiaal te doen. Hierdie sintetiese materiaal laat egter nie die beweeglikheid aan die vaginale wand toe wat mens graag sal wil kry in die jong vrou.

In kort dus: ons staan op die oomblik op die skerppunt van tegnologiese verbetering, nie net wat chirurgiese tegnieke aanbetref nie, maar ook in die gebruik van inplant materiaal in die bekken van die vrou.

Ek sal in die loop van tyd meer aandag en inligting oor die ontwikkelings gee in hierdie forum.